Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Hawaii |
County | Honolulu County |
Koördinate | 21°18′N 157°49′W / 21.300°N 157.817°W |
Stigting | 1809 Vestiging van Koninklike Hof |
Oppervlak: | |
- Totaal | 272,1 vk km |
Hoogte bo seevlak | Op seevlak |
Bevolking: | |
- Totaal (CDP, 2014) | 350 400 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 493/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 953 200 |
Tydsone | UTC-10:00 |
Burgemeester | Peter Carlisle |
Amptelike Webwerf | co.honolulu.hi.us |
Honolulu (Hawais: Beskermde hawe[1]) is die hoofstad en grootste stad van die Amerikaanse deelstaat Hawaii met 'n beraamde bevolking van 350 400 (2014) in die stad en sowat 953 200 in die metropolitaanse gebied wat feitlik oor die hele Oahu-eiland strek. Die stad lê aan die suidooskus van die eiland.
Honolulu is die politieke en kulturele sentrum van Hawaii en fungeer daarnaas ook as die ekonomiese sentrum van die Sentrale Stille Oseaangebied.